!WELKOM 2010!
2010 het ons met 'n groot KNAL getref, en dit is wonderlik om deel te mag wees van 'n jaar vol beloftes. Indien jy egter op hierdie stadium voel alles lyk donker en jy weet nie hoe jy hierdie jaar gaan begin nie, tel jou kop op en vat Jesus se Hand, want Hy belowe dat Hy elke tree by jou is. Hy belowe jou ook dat Hy vir jou goeie dinge beplan en nie slegte dinge nie. Vertrou Hom vandag, en kyk wat 2010 vir jou gaan bring. Wonder jy dalk waarom jy die mens is wie jy is? Dalk het jy nog altyd gewens jy was iemand anders, wou jy nog altyd iemand anders se talente he, persoonlikheid he.... NEE!!! Weet jy God het jou spesiaal JY gemaak, want net JY kan jou spesiale doel in God se Koninkryk voltstaan! Daar is net EEN JY, en wanneer jy iemand anders probeer wees, of wens jy was slimmer, mooier, ouliker, vinniger.... dan is jy besig om God se wonderbaarlike skeppingsplan te beledig. Jy is eindelik besig om vir God te vertel dat Hy foute kan maak, en dat jy een van Sy flops is... Weet jy liewe vriend / vriendin, jy is nie 'n flop nie, want God maak nie foute nie, en weet jy wat... Hy het jou baie lief, net soos jy is.
Wil jy meer weet oor ons kampe... Exhilaration!! Hou hierdie spasie dop om binnekort meer te leer oor Exhilaration Family Focus. Ons het werkswinkels vir Jong ouers - Die Here het jou geseen met die wonderlikste geskenk naamlik 'n pragtige baba, maar wat nou, jy het dan nie eers 'n handleiding by gekry nie.... toemaar ons gee jou vinnig riglyne uit God se Woord om jou te help met jou kind se opvoeding. Dalk is jy nou al bietjie geskaaf en getimmer in die ouerskapstyl en dalk is jou kind nou al reeds in die Laerskool - vir julle is daar ook 'n werkswinkel om jou kind te help teen die aanslae van die h/skool en ander goggas wat jou kind se lewe versuur. Of dalk sit jy met daardie tiener wat jy net nie meer kan lief he nie, wel daar is ook 'n werkswinkel om ouers te leer dat hulle tiener net 'n paar jaar gelede nog 'n engeltjie was, en eindelik steeds is. Kyk maar na hulle as hulle slaap! Indien jy vir enige van hierdie werkswinkels wil registreer kan jy my gerus kontak by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Ons sal alle verdere reelings dan vir jou e-pos. Hou hierdie spasie dop om meer uit te vind oor die Avontuurkampe wat ons deur die jaar gaan hou vir ons kinders en tieners. Wil jy meer weet oor studiemetodes, leiding met beroepskeuses of leergestremdhede - hoe jy jou kind kan help om sy / haar optimale potensiaal kan bereik. Kontak Ilze: 083 283 5605 tussen 17h00 en 21h00 Maandae tot Vrydae As jy registreer op hierdie bladsy, kan jy nog baie meer inligting kry! Geniet dit! En mag Jesus se liefde en seen ook saam met jou wees. Groete Ilze |